|
U ken die bekommernis van elke hart en van vrees,
slegs U weet hoe hierdie liggaam sal kan genees.
Mense is orals, maar kan nie nou help,
net U ken gedagtes en harte oorstelp ...
Woorde onnodig, totaal en al leeg,
die toekoms onseker, ‘n traan met elk' vreug' ...
U is die Rots waarop moeë bene kan staan,
die Reddingsbaadjie as pyngolwe deur ‘n liggaam gaan,
U weet wat die behandeling en siek sal inhou
en U sal daar wees op dae grysgrou,
U gaan die Een wees in ure van nag,
U gaan daar wees tydens swakheid en krag,
U was nog altyd, maar U is ‘Ek Is'
U los nóóit alleen en dit stel my gerus.
Opgedra aan Roline en Bennie (6/11/2009)
|
|
November 19, 2009
KANKER
|
| Hier kan kankerlyers en hul geliefdes met ander mense gesels oor hul terapie, behandeling, gevoelens en die pad wat hulle stap ...
|
|
Archives |
|
|
|
|
|